20 Februarie 2017 Toptoekenning vir Merensky Hoërskool Merensky se RTT- en IT-leerkragte stap breëbors nadat hul tydens die Limpopo RTT- en IT- werk

         
M-Bulletin-top
facebook twitter youtube

20 Februarie 2017

Toptoekenning vir Merensky

Die Rekenaarspan

Mee. Danielle Fourie, Ellen Labuschagne en Martha Leeuwner.

Hoërskool Merensky se RTT- en IT-leerkragte stap breëbors nadat hul tydens die Limpopo RTT- en IT- werkswinkel op 15 en 16 Februarie in Polokwane met ‘n sak vol toekennings weggestap het. Hierdie toekennings is geskoei op 2016 matriekuitslae.

Uit die 12 kategorieë het Merensky in 10 onder die top 3 skole in Limpopo geëindig.

Hoërskool Merensky is ook aangewys as die beste RTT (Rekenaartoepassingstegnologie)- en IT (Informasietegnologie)-skool in die Mopani distrik.

Die kroon op hierdie prestasie is egter dat Merensky vir die tweede opeenvolgende jaar aangewys is as die skool in Limpopo met die beste RTT-uitslae, ‘n groot pluimpie vir mee. Martha Leeuwner en Danielle Fourie.

***

Plasies aan die opmars

MHS-Top10-atlete

Voor: Kesia Pohl, Andru Miller en Ruan van Rooyen. Agter: Reuben Caroto, Dylon Herrendoerfer, me. Merise Katzke, Noko Malatji, Dillion de Lange, Laurentia van Dyk, mnr. Thomas Joubert, Sancha van Niekerk en Bernalee Benadé.

Noko Malatji

Noko Malatji

In die opmars na die 2017 Interhoër byeenkoms op 24 Februarie, het Hoërskool Merensky se topatlete op 15 Februarie kragte gemeet by die Prestige Top 10-byeenkoms by TUKS se bekende LC de Villiers sportterrein.

In die dogterspan het vlugvoetige Sancha van Niekerk puik presteer met ‘n derdeplek in die o.17 400m. Sy behaal ook ‘n sesde plek in die 200m.

Bernalee Benadé ewenaar hierdie prestasie met ‘n derdeplek in die dogters o.17 spiesgooi.

Ruan van Rooyen maak die seunspan trots met sy vierdeplek in die o.14 400m. Spankaptein, Noko Malatji, behaal ‘n vyfdeplek in die o.19 110m hekkies item. Dylon Herrendoerfer hardloop die o.19 400m en behaal ‘n sesdeplek.

Bogenoemde is geen geringe prestasie nie, as mens in ag neem dat atlete van 80 skole aan hierdie byeenkoms deelgeneem het.

Plasieland vertrou om op Vrydag, 24 Februarie met die Interhoër by die Peter Mokaba Stadion in Polokwane, die 2017 atletiekseisoen op ‘n oorwinningsnoot af te sluit.

geesvang-temas-2017
***

Doran opgeneem in Limpopo swemspan

Doran Kleynhans

Doran Kleynhans

Veels geluk aan Doran Kleynhans, ‘n graad 10 leerder van Hoërskool Merensky, wie opgeneem is in die Limpopo swemspan.

Die SA-kampioenskappe vind hierdie jaar op 9 tot 13 April plaas.

***

Merensky skouspringer presteer

Laryn Bezuidenhout2

Laryn Bezuidenhout

Laryn Bezuidenhout

Laryn Bezuidenhout

Laryn Bezuidenhout, ‘n graad 11 leerling van Hoërskool Merensky het op 16 tot 19 Februarie aan die Revil Stables Classic in Polokwane deelgeneem. Tydens hierdie skou het sy en haar perd, Saratoga Tango, op Donderdag in die 90cm-klas deelgeneem en ‘n tweedeplek behaal.

Vanaf Vrydag tot Sondag spring sy in die 1m-kampioenskapsklas. Met ‘n vierde plek en genoegsame punte kwalifiseer Bezuidenhout om voortaan die 1.1m-klas aan te durf.

Na 5 jaar se toegewyde oefening spog Bezuidenhout ook met die Limpopo titel as beste vlak 4-ruiter in die skouspring-dissipline.

***

Silwer vir Plasie-skut

Heinrich Pieterse

Heinrich Pieterse

Heinrich Pieterse van Hoërskool Merensky Boogskietklub het op 18 en 19 Februarie pyle getrek in Gauteng.

Pieterse het op 18 Februarie deelgeneem aan die Kempton Park Binnenshuise Kampioenskap en behaal ‘n tweede plek en silwer sertifikaat in die o.17-afdeling met ‘n merkwaardige 274 uit 300 punte en 17 kolskote.

Op 19 Februarie doen hy dit weer by die Ekurhuleni Binnenshuise Kampioenskap met 268 uit 300 punte en 13 kolskote. Vir hierdie prestasie neem hy ‘n silwer medalje huis toe.

***
Whats up - 21-27 Feb 2017
***

Hierdie M-Bulletin is trots geborg deur

Auto Pedigree - Merensky Banner Advert  Tzaneen  550x180px
***
school-communicator-banner
1px