Hello, Koninkryksfokus vriende!

Koninkryksfokus – Internet Evangelisasie Projek

5. Materiaal en Medewerkers

Social Media logos1

PLASING VAN GESKIKTE MATERIAAL EN MEDEWERKERS VIR DIE PROJEK.
1) Gereelde plasings van geskikte materiaal op FB Blaaie (sowel as deur advertensies, bv deur 'n plasing te "boost")
2) Medewerkers, kundige persone, wat hiervoor gewerf, opgelei en betrek word om mede-verantwoordelikheid vir die projekte te neem. (Ek is reeds in gesprek met 'n aantal sulke persone. UITNODIGING: Persone wat gelei voel om as MEDEWERKERS hierby betrokke te raak, KONTAK MY GERUS PER EPOS by vischris@telkomsa.net)
3) Medewerkers kry toegang op die Blaaie (as Admin, Editor of Moderator) om self materiaal daarop te plaas of materiaal wat ander persone daarop wil plaas, te keur.
4) Evaluering en opvolg van navrae: Medewerkers sal die response op sulke plasings evalueer en indien nodig verder daarop reageer of navraers beantwoord (direk op so 'n respons op die die oop platform, of indien dit meer persoonlik moet wees, via "Messenger”.
Meer oor Medewerkers:
'n Verdere Uiteensetting van wat van Medewerkers verwag word en hoe om daarby in betrokke te raak, word afsonderlik aangebied. (Kyk by Medewerkers)

Chris 2009-FB

Met Dank,
Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus
Kontak ons gerus by...
+27 82 9269364
vischris@koninkryksfokus.com

 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company