Hello, Koninkryksfokus vriende!

Koninkryksfokus – Nuwe Projekte en Begroting vir 2017-2018

Welkom om 'n vennoot daarin te word...

In die vorige skrywe het ons bietjie gedeel oor ons bediening soos ons dit tans sien. (lees dit by Koninkryksfokus - Opsomming van ons Bediening – Junie 2017).
Die uitdaging is natuurlik hoe om dit in die praktyk moontlik te maak... fisies, maar veral finansieel. Fisies ervaar hierdie jong 70-lyf nog baie genade en gesondheid; In vertroue op die Here glo ons dat ons DV nog ’n klompie jare se skop oor het en graag wil voortsit in die bediening soos uiteengesit.
Finansieel: Hiermee ’n groter detail uiteensetting van ons finansiële prentjie:

INKOMSTE en DONASIES:

Pensioen - R10300; Donasies - R7000. (Dankie vir diegene wat ons tans steeds ondersteun vir ons huidige Mobiliseringsbediening: “Vissers saam met Koninkryksfokus”. Erkenning aan die volgende Gemeentes: Vanderbijlpark-Suid; Heidelberg en Tzaneen-Wolkberg, asook 23 persone met donasies wat wissel van R25 – R600 pm.) Daarmee dek ons ons lewensonderhoud (Munisipale rek; Vervoer; Medies; Telefoon en ons eet darem ook; dankie!).

BEDIENINGSUITGAWES:

Ons Mobiliseringsbediening se befondsing trek die laaste tyd bietjie moeilik, maar ons is passievol en opgewonde oor die nuwe oop deure van die Internet-bediening soos wat ek dit elders reeds gedeel het. Daar is baie nuwe geleenthede vir wye invloed en vrug, daarom hierdie eerlike feitelike inligting.
*Jabes se gebed in 1 Kron. 4:10 is tans nuut op my daaglikse gebedslys “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie” - veral die ‘groter grondgebied’ wat my opnuut uitdaag (Ek het tevore reeds so ‘n Jabes-ervaring beleef, wat ek beskryf het in my boek “Chrisjan word ‘n Visserman – ‘n Visser vir Christus”- As jy belangstel, laai dit gerus af op my Blog en lees dit.)
LEES DIE VERVOLG OP BLADSY 2....

Chris 2009-FB

Met Dank,
Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus
Kontak ons gerus by...
+27 82 9269364
vischris@koninkryksfokus.com

 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company