8 Mei 2017 Plasies skryf vir Poort 2017   Hoërskool Merensky het op 23 April die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Poort-skryfkompetisie 2017 fi

         
M-Bulletin-top
facebook twitter youtube

8 Mei 2017

Plasies skryf vir Poort 2017

Poort 2017

Anize Basson, Marlu McLean, Elzette van Dyk en Imcke van Vuuren.

 
Freddie Lubbe 2016

Freddie Lubbe

Hoërskool Merensky het op 23 April die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Poort-skryfkompetisie 2017 finale uitslae ontvang. Hierdie kompetisie word al sedert die sewentiger jare aangebied en is baie gewild onder hoërskoolleerders en -skrywers.

Leerders van skole regoor Suid-Afrika het gekompeteer met kreatiewe skryfwerk wat deur 4 letterkundige swaargewigte volgens meriete gekeur is ten einde in die bundel POORT 2017 opgeneem te word.

Hoërskool Merensky is trots op Elzette van Dyk (graad 12) wie aangewys is as een van die tien toppresteerders in prosa in die land. Van Dyk se poësie- en prosawerke is ook albei gekies om in die bundel gepubliseer te word. Nog 4 Plasies se prosawerke het beïndruk en sal eersdaags in die gesogte bundel verskyn: Imcke van Vuuren (graad 10), Marlu McClean (graad 12), Anize Basson (graad 10) en Freddie Lubbe (hoofseun, 2016).

***

Merensky groet leerkragte

Die afgelope maand het Hoërskool Merensky drie leerkragte gegroet. Alhoewel die Plasies mee. Martha Leeuwner, Mignon Engelbrecht en Stephanie Perold se kennis en ervaring nog lank wou benut, kan niemand stry teen verhuising, aftrede of ‘n nuwe beroepsveld nie.

Me. Leeuwner het diep spore in Limpopo getrap as die beste graad 12 RTT-onderwyser vir baie jare. Me. Engelbrecht se raakvathumor en English Literature-kennis was onvergelykbaar, terwyl me. Perold onthou sal word vir haar baanbrekerswerk by Agri-Merensky.

Martha Leeuwner

Martha Leeuwner

 
Mignon Engelbrecht

Mignon Engelbrecht

 
Stephanie Perold

Stephanie Perold

***

Plasie-ruiters oorheers WMG

Western Mounted Games

Salomé Lombard, Dominique Bond, Wandri Janse van Rensburg, Anri Janse van Rensburg, Genevieve van der Merwe en Dawie van Jaarsveld.

Ses Plasies het op Saterdag, 6 Mei, deelgeneem aan die derde kwalifiserende ronde vir Western Mounted Games in Polokwane.

Op vlak 0 het Dominique Bond vyf eersteplekke in die skole-afdeling behaal en algeheel eerste geeïndig. Sy het ook ‘n derdeplek in die ope-afdeling behaal.

Op vlak 1 het Genevieve van der Merwe met haar perd, Bonnita, ‘n tweede- en eersteplek in die skole-afdeling behaal en eerste en vierde geeindig in die ope-afdeling. Sy spog ook op vlak 2, met haar perd Foxtrot, met ‘n eerste-, tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling en ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.

Dawie van Jaarsveld het op vlak 2 met sy drie eersteplekke en een tweedeplek algeheel eerste geeïndig. Hiermee skuif hy op na vlak 3 in die ope-afdeling en verwerf een eerste-, twee derde- en twee vierdeplekke.

Salome Lombaard het ook op vlak 2 deelgeneem en gesorg vir ‘n tweede- en twee vierdeplekke in die skole-afdeling.

Wandri Janse van Rensburg, op haar perd Pagan, het algeheel tweede in die vlak 2 skole-afdeling geeïndig met een eerste-, twee tweede- en ‘n derdeplek. Sy behaal ook ‘n eerste- en tweedeplek in die ope-afdeling.

Vlak 3 “gamer”, Anri Janse van Rensburg het nie op haar laat wag nie en galop weg met vyf eersteplekke, en word gekroon as wenner in die skole-afdeling. Sy is ook algehele wenner in die ope-afdeling met drie eersteplekke, ‘n derde- en vierdeplek.

Genevieve van der Merwe

Genevieve van der Merwe

Dawie van Jaarsveld

Dawie van Jaarsveld

***

Plasies speel vir Limpopo en Bokkies

Limpopo-spelers

Voor: Dezi Dreyer, Palesa Shiluvane, Victory Mathebula en Danielle Kasselman. Agter: Lilly Pohl, Nikita Pohl, Elzanne Engelbrecht, Kesia Pohl en Bercha Venter. Afwesig: Luné Fritz.

Die 2017 Limpopo dogtershokkiespanne is aangekondig. Hoërskool Merensky spog met 10 provinsiale spelers in verskillende spanne.

Plasieland wens die volgende meisies geluk met hierdie puik prestasie: o.14 - Dezi Dreyer, Nikita Pohl, Luné Fritz, Palesa Shiluvane en Victory Mathebula. o.15 - Danielle Kasselman en Bercha Venter. o.16A - Kesia Pohl. o.18A - Elzanne Engelbrecht. o.18B - Lilly Pohl.

Bokkiespelers

Voor: Zonika van Niekerk, Leoné Slabbert, Juanet Venter en Ruette Schoeman. Agter: Lilly Pohl, Clariska Venter en Emma Dalrymple-Hay.

Die hokkiebokkies wie hul staal gaan toon tydens die Bokkieweek, is o.14 – Emma Dalrymple-Hay, o.16 – Ruette Schoeman, Leoné Slabbert, Zonika van Niekerk en Juanet Venter. Lilly Pohl en Clariska Venter gaan hul by die o.18 span aansluit.

***

Langasem Plasies by eerste liga

Landloop

Agter: Melissa Pieterse, Cherlyn Schmidt, René Wiese en Janco Coetzee. Middel: Francois Nothnagel, Ikne Stucki, Tayla Vos, Jamie Coppen en Joleen Spaumer. Voor: Dominique Blandin de Chalain, Jodi Spaumer en Anri McLean.

Op Saterdag, 6 Mei, het ‘n dosyn Plasie-landlopers aan die eerste LIMA-liga te Settlers deelgeneem.

Die atlete het op rowwe terrein hul bes gedoen, te midde van strawwe kompetisie. René Wiese (o.15) spog met ‘n goue medalje, deur ‘n volle minuut voor die tweedeplek klaar te maak. Anri McLean stap weg met ‘n bronsmedalje.

Die tweede liga-byeenkoms word Saterdag, 13 Mei, by HTS Tom Naudé in Polokwane aangebied.

***

Plasies hou uit en aan in die saal

Die Suid-Afrikaanse Internasionale Perde-uithourit uitdaging (SAIC) is van 24 tot 28 April in Bethlehem aangebied. Plasiesruiters, Jehan Goosen (graad 10) en me. Alexandra Dreyer het saam met 400 perde en ruiters vanaf so ver as Amerika, Engeland en Australië, aan hierdie gesogte kompetisie deelgeneem.

Dreyer begin op 24 April met die opwindende 80km-uithourit en eindig in die tweedeplek.

Goosen en Dreyer het ook ingeskryf vir die moordende 120km-kategorie op 28 April. Na 80km het Dreyer in die 2de-plek gelê, maar eindig 23ste met ‘n tyd van 7 ure en 30 minute. Sy het teenspoed beleef nadat haar perd op 100km ‘n skoen verloor het en sy vir 20km langs die perd moes draf om beserings te verhoed. Goosen se rit het op 80km geeïndig as gevolg van die perd se kondisie en rowwe terrein.

Hoërskool Merensky wens hierdie twee ruiters alles van die beste toe vir hul voorbereiding om in Julie aan die wêreldbekende 200km uithourit in Fauresmith in die Vrystaat deel te neem.

Uithouritte  2

Jehan Goosen en Alexandra Dreyer.

 
Uithouritte  1

Alexandra Dreyer by haar twee perde.

***

Aubrey maak sy merk

Aubrey van Renen, krieket-afrigter van Plasieland se o.15-span, is onlangs vereer deur die Phoenix krieketklub in Tzaneen met twee toekennings: beste kolwer van die jaar en beste speler van die jaar. Die Phoenix-klub spog ook as wenners van die 2017 promosie-liga.

Abrey van Renen ontvang trofee

Aubrey van Renen ontvang sy trofeë.

 
Abrey van Renen ontvang trofee 2
***

Wiskunde vs Wiskundige Geletterdheid

Het jy al gewonder wat regtig die verskil is tussen WISKUNDE en WISKUNDIGE GELETTERDHEID?

***
Duvet-Blues-sign
***
Herald-JouRomeo-A3-Opedag-Ad
***
Whats-up 9-15 Mei 2017
***

Hierdie M-Bulletin is trots geborg deur

Auto Pedigree - Merensky Banner Advert  Tzaneen  550x180px
***
school-communicator-banner
1px