11 November 2016 Waarom Presidentstoekennings by Merensky? Twee matrikulante van Hoërskool Merensky, Bianca Spies en Micaela Ball, het onlangs onder

         
m-bulletin-banner-top
facebook twitter youtube

11 November 2016

Waarom Presidentstoekennings by Merensky?

Presidentstoekennings - Bianca Spies en Micaela Ball

Bianca Spies en Micaela Ball.

Twee matrikulante van Hoërskool Merensky, Bianca Spies en Micaela Ball, het onlangs onderskeidelik 'n silwer en brons Presidentstoekenning ontvang.

Om hierdie gesogte toekenning te ontvang, moes hulle onder andere 'n sekere aantal maande ‘n sport beoefen het. ‘n Nuwe vaardigheid moes ook aangeleer word, byvoorbeeld die speel van ‘n musiekinstrument of ‘n draai op die verhoog maak as lid van die skool se dramaklub.

Hulle moes 'n sekere aantal gemeenskapsure doen. Micaela, wie volgende jaar Mediese Wetenskappe gaan studeer en gaan spesialiseer in dierkunde (hopelik kry sy wel keuring vir Veeartsenykunde), het meeste van haar ure aan die mediese versorging van diere spandeer.
Bianca, wie reeds by 3 universiteite keuring gekry het vir Medies, het haar gemeenskapsure by verskeie praktyke en hospitale gedoen wat ook haar liefde vir die mediese wereld aangevuur het. Albei het ook ‘n strawwe staptog onderneem in die pragtige Magoebaskloof-area.

Hierdie twee bewys die waarde van ‘n Presidentstoekenning. Sou ‘n voornemende student aansoek doen by universiteite, tel hierdie vlak van ‘n Presidentstoekenning behaal vir die finale M-telling.

Dit is dus vanselfsprekend dat hierdie toekenning al gewilder raak onder Plasieland se leerders. Behalwe vet pret, vele fisiese uitdagings en diens aan jou medemens, bied dit ook ‘n waardevolle bydrae tot voorgenome tersiëre onderrig.

***

Merensky’s Ronnel wears crown

Miss Polokwane Observer Cover Girl - Ronnel Homu

Ronnel Homu

Ronnel Homu, a grade 11 learner from Merensky High School, was crowned Miss Polokwane Observer Cover Girl. The competition was presented by die Limpopo Beauty Modelling Academy and held at the Sun Meropa Casino in Polokwane on 29 October.

Ronnel competed in the 16-24 year category. She did not only win her category, but also the overall title as mentioned above. Ronnel will now be involved in charity projects in Limpopo.

***

Cronjé se vierwieler loop voor

cronje-lordan-04

Cronjé Lordan

Cronjé Lordan, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Merensky is ‘n vierwielmotorfiets entoesias. Hy het onlangs aan die Impi Enduro wedren in Dundee deelgeneem. Die driedaglange jaagtog in die silwerklas was tegniese uitdagend. Nietemin verower Cronjé die derde plek.

Sy oog is nou gerig op die “Roof of Africa” wedren wat vanaf 29 November tot 3 Desember in Lesotho plaasvind. Al die Plasies is oortuig dat beide man en masjien hul staal gaan toon en stof in die ander deelnemers se oë gaan skop.

***

Old Plasie, Hendy Seerane perform

WhatsApp Image 2016-11-11 at 5.34.45 AM

Merensky is very proud of old Plasie, Hendy Seerane, with his excellent performance as left link for the Maropeng Cavemen who recently won the cup in South Africa’s first professional premier hockey league. Hendy is also part of the management team for the University of Pretoria’s Young Guns Team in the Varsity Cup.

Hendy started playing hockey when he was 12 years old. One of his roll models growing up is his brother, Johannes Seerane, now teaching and coaching here at Merensky!

Game On Magazine recorded a video interview with Hendy on YOUTUBE.

***

E-leer: waar trek ons nou?

e-learning-mail-pic

Ons wil u graag op die hoogte bring met die vordering van e-leer in die skool.

Die positiewe:

Daar is ‘n 20Mbps internetlyn installeer.
Daar is ‘n RUCKUS (internasionaal gereken as een van die twee beste stelsels in die wêreld) WiFi-netwerk ingesit wat die hele skool dek.
Die iPortal (program met leermateriaal en navorsingsbronne) is installeer.
Die onderwysers is opgelei om met e-leer skool te hou.

---

Die uitdaging:

Ons is nie waar ons gehoop het om te wees nie.
Die diensverskaffer wat die stelsel aan ons verkoop het, het nagelaat om te sê dat hulle LMS (Learner Management System) nog nie klaar ontwikkel was nie.
Ons het gesukkel met die LMS-stelsel want al die funksies wou nie vinnig en effektief werk nie.
Die diensverskaffer moes gekwalifiseerde tegnici voorsien om te help met die implementering van die stelsel , maar die eerste drie was onervare en het nie die ondersteuning en nodige opleiding van die diensverskaffer ontvang nie.
Die tablette wat aan ons verkoop is as Samsung-tablette het slegs enkele onderdele wat ware Samsung onderdele is en gevolglik was die tablette stadig en die leerders kon nie hulle response aan die onderwyser terugstuur nie.
Die onderwysers, leerders en ouers was moedeloos met die stelsel wat nie vlot werk nie.

---

Wat die skool gedoen het om die saak aan te spreek:

Ons het ná drie teleurstellings rakende tegnici vir Frikkie Terblanche aangestel en nou eers het ons iemand wat werklik die tegniese ondersteuning gee wat ons nodig het.
Ons het die kontrak met die diensverskaffer gekanselleer.
Ons het die samewerkingsooreenkoms met Sunward Park herbevestig. Hulle stel al hulle e-leer lesse gratis aan ons beskikbaar. Ons het reeds 1870 lesse van hulle ontvang.

---

Die pad vorentoe:

Elke leerder voorsien sy eie tablet.
Ons werk slegs met Android-toestelle en navorsing het bewys dat Samsung die vinnigste toegang gee. Ons raai u dus aan om vir u kind ‘n Samsung-tablet te koop.
Op hierdie stadium het Waltons spesiale aanbiedings op drie verskillende Samsungs – u kan gerus gaan kyk en besluit wat u sak/smaak pas.
Die “accidental damage warranty” word nie weer hernu nie. Merensky gaan steeds die bestaande tablette herstel vir die volgende paar jaar.
Die Departement van Onderwys het besluit dat alle ex-model C skole voortaan hulle eie handboeke moet aanskaf en dit maak tablette net al hoe meer belangrik. Die graad 12 Engels Huistaal se voorgeskrewe boeke Hamlet en Dorian Gray is gratis op internet beskikbaar.
Ons verwag van elke onderwyser om nou reeds lesvoorbereiding te doen vir die eerste maand se lesse van 2017, sodat e-leer reg van die begin af deel vorm van elke les. Ons fokus is op graad 8 tot 10 vir die verpligte inkorporering van e-leer.

---

Tablette is die toekoms van onderwys en ons maak staat op ons ouers se begrip en ondersteuning om die tande-kry-probleme in die stelsel te oorbrug.

***

Link your Woolworths card to MySchool

myschool-emailstrip

Make sure that every time you swipe your Woolworths card you are giving back, without costing you a cent!

When you link your Woolworths card to the MySchool fundraising programme you can raise funds for Merensky High School. It makes a world of difference...

Funds are given back on your behalf, so this is a win-win benefit for everyone. If you want to raise funds for Merensky High School please link your Woolworths card, for free, now!

Here is how to link your card:
• Call MySchool on 0860 100 445 during office hours
OR
• Email cs@myschool.co.za

They will need your card number, ID number (or passport number and date of birth), the name of the school and your contact details.

***

Limpopo North Toy run

Toyrun

We hereby invite you to South Africa’s largest motorcycle ride, and it’s all for charity!

On the 27th of November tens of thousands of bikes all over South Africa rally together to give joy to needy children of SA. Thousands of toys are strapped to bikes and parade through major cities. This year, and from now on, Tzaneen Road Hogs will host the Toy Run for the Far North in Tzaneen.

This fund raiser is about doing good, but also about discrediting the bad reputation that many a biker had been unfairly saddled with.

The run starts at Merensky High School, 6.1km outside Tzaneen, from where the bikers carry toy donations through town to the Show Grounds. The public are invited to join in the fun with super bikes, classic bikes, off roads, scooters, four wheelers and cars. The admission fee is a toy. There will be a prize for the most decorative bike, quad bike, scooter and car.

There will be a beer tent, food stalls, exhibits of motorcycle accessories, jewelry and much more to enjoy.

Come and join Tzaneen Road Hogs and make this Toy Run the biggest Limpopo has ever seen.

***
MHS-Kalender-header

Saterdag, 12 November
BERGFIETSRY: Eindjaarfunksie by Letaba River Lodge.

***

This M-Bulletin is proudly sponsored by

Auto Pedigree - Merensky Banner Advert  Tzaneen  550x180px
***
school-communicator-banner
1px