Hello, Koninkryksfokus vriende!

Koninkryksfokus se Internet-Evangelisasie projek:

3: Hoofdoel en Metode wat ons gaan gebruik

World-Apple

3.1. Die Hoofdoel van ons projek: Die Hoofdoelwit van hierdie projek is die uitbreiding van die Koninkryk van God en die verheerliking van Sy Naam. (Dis belangrik om dit duidelik te verstaan en heeltyd daarop te bly fokus).
* Dit is wat ons d.m.v. Internet-Evangelisasie via Sosiale Media wil najaag of bevorder en uitbrei sover dit op hierdie soort platvorm moontlik is.
3.2.Die Hoofmetode wat ons gaan gebruik om die Internet-evangelisasie-projek prakties uit te voer, is om die Blog van Koninkryksfokus en die ooreenstemmende Facebook-Blaaie gesamentlik te gebruik ...
a) Om die Evangelie te deel... deur advertensies op FB en Google Ad daaroor te plaas, veral toegespits op persone wat nog nie met die evangelie bekend sou wees nie.
b) Dissipelskap: Opvolg/nasorg van persone wat daarop reageer.
c) Opleiding: Toerusting en motivering van gelowiges om hulle te motiveer tot medewerking aan die projek.
d) Bekendstelling van Hulpmiddels: Daar is tans baie beskikbare hulpmiddels en Applikasies (“Apps” of Toeps - in Afrikaans) om bv. die Bybel en Bybelstudie-materiaal op die internet in meeste tale te versprei.
(L.W. Ek het reeds verskeie opleidingskursusse en konferensie daaroor bygewoon, bv. die Internasionale Indigitous-konferensie. Aangesien daar gedurig nuwe materiaal op die mark verskyn, moet mens ook met verdere navorsing op hoogte bly daarvan.)

Chris 2009-FB

Met Dank,
Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus
Kontak ons gerus by...
+27 82 9269364
vischris@koninkryksfokus.com

 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company