6 Februarie 2017 “Green room” moves to Merensky Merensky High School is proud to welcome all aspiring actors from “The Green Room”. In theatrical te

         
M-Bulletin-top
facebook twitter youtube

6 Februarie 2017

“Green room” moves to Merensky

Anriette van Rooyen and drama students

THE GANG Front: Gabriella Draghi, Mia Drake, Zayana Moosa, Taylor Stanley and Simone Spies (Unicorn Preparatory School). Back: Rian Botha, Joshua Welthagen and Rocco Olivier (Laerskool Tzaneen).

Merensky High School is proud to welcome all aspiring actors from “The Green Room”. In theatrical terms a green room refers to the actors’ lounge.

This drama studio has recently moved to the Teatro at Plasieland. Well known local actress Anriette van Rooyen heads the studio, and also joined forces with Mari Weber at the Blou Kaross Drama Studio, catering for high school thespians.

Van Rooyen is currently the only qualified drama coach offering classes to primary school learners.

***

Kreatiewe Plasies konkel

merensky-dirigente

Belinda Nzadi, Clariska Venter, Riëtte Warmenhoven en Chris Bill.

Hoërskool Merensky se Interhoër dirigente en onderwysers is op Vrydag, 27 Januarie deur Spur Tzaneen getrakteer.

Met kieste vol hamburgers en melkskommels het die kreatiewe span koppe bymekaar gesit en planne gesmee om die 2017 geesbeker huis toe te bring.

Belinda Nzadi, Chris Bill, Riëtte Warmenhoven en Clariska Venter neem hierdie jaar die voortou as dit kom by Plasiegeesvang en malligheid op die pawiljoen. Die tema is tot dusver ‘n goed bewaarde geheim, maar te oordeel aan verlede jaar se kleurvolle extravaganza kan toeskouers in 2017 net groter en beter verwag.

Merensky sien uit na die Interhoër byeenkoms op 24 Februarie by die Peter Mokaba Stadion in Polokwane.

***

Plasies wys staal in Mokopane

Atletiek by Piet Potgieter

Kesia Pohl, Kgabo Mamorobela en Ciné Venter.

Op 3 Februarie het Hoërskool Merensky teen Hoërskole Piet Potgieter, Nylstroom, Louis Trichardt en Heuwelkruin kragte gemeet op die atletiekveld in Mokopane.

Hoërskool Piet Potgieter het geseëvier (1286,5 punte) met Merensky in die tweede plek (1170 punte), Nylstroom derde (843 punte) en Louis Trichardt vierde (803 punte).

Prestasies volgens die ABSA tabel laat die Plasies breëbors. Staatmaker, Lourentia van Dyk eindig weereens eerste met 767 punte in haar hoogspring item. Emma Dalrymple-Hay, Twané van Wyk, Sancha van Niekerk en Bernalee Benadé beklee die daaropvolgende vier top 5 Merensky-posisies.

Gelukwense aan die seuns 200m atlete: Vutomi Mkhabela (862 punte), Reuben Caroto (839 punte) en Noko Malatji (824 punte). Andru Muller neem die vierde-, en Juandré Slippers die vyfde posisie in die top 5 Merensky seuns in.

Vrydag, 10 Januarie onderneem die Plasie-atletiekspan die groot trek na Barberton vir die jaarlikse Laeveld Prestige Atletiekbyeenkoms.

***

Soos ‘n vis in die water

Daniel Smit

Daniel Smit

Daniel Smit, ‘n graad 8-swemmer van Plasieland het op Saterdag, 4 Februarie tydens die Last Chance Gala, aangebied deur Shamu Swemklub, puik presteer.

Daniel kwalifiseer vir die junior nasionale swemkampioenskap wat van 17 tot 22 Maart in Durban plaasvind. Hy wen die 100m rugslag seuns o.14 in ‘n tyd van 1min09sek en die 200m rugslag in 2min25sek.

Hoërskool Merensky is supertrots op hierdie jong, opkomende ster.

***

Plasie-wenners pronk by Dusty Hill

mhs-perderuiters

ROSETTE BY DOSYNE Hennerien Knox, Wandri Janse van Rensburg, Dawie van Jaarsveld, Anri Janse van Rensburg en Salomé Lombaard.

Op Saterdag, 4 Februarie het vyf van Hoërskool Merensky se topruiters uitgeblink tydens die eerste 2017 kwalifiserende Western Mounted Games byeenkoms by Dusty Hill in Tzaneen.

In vlak 7 neem topruiter, Anri Janse van Rensburg ‘n merkwaardige vyf eerste plekke en eindig as vlakwenner.

In vlak 4 ding drie Plasies mee. Dawie van Jaarsveld eindig as wenner met 3 eerste plekke en 2 derde plekke. Tweede was Hennerien Knox wat spog met 2 eerste plekke, 1 tweede plek en 2 derde plekke. Wandri Janse van Rensburg neem 4 tweede plekke en 1 derde plek en eindig algeheel derde.

Nuweling, Salomé Lombaard maak skoonskip met 5 eerste plekke en dra die kroon in vlak 1.

***

Skiewie rol balle

Saira Junquiera

Saira Junquiera

Saira Junquiera, ‘n graad 8-leerling van Hoërskool Merensky, is onlangs ingesluit by die Limpopo o.20B-rolbalspan.

Sy is lid van die Tzaneen Rolbalklub. “Die toekoms van rolbal in Suid-Afrika is in ons jeug se hande, daarom is dit vir ons kosbaar. Rolbal leer jongmense dissipline, selfbeheersing en selfstandigheid”, sê mnr. Wessel Pretorius van die rolbalklub.

Plasieland hou hierdie sportster se toekoms met afwagting dop.

***

E-leer kennisgewing

Die Klaskamerbestuurstoepassing moet teen R250 (betaalbaar by die finansiële kantoor) aangekoop en geïnstalleer word deur leerlinge wie dit nie in 2016 gedoen het nie.

Met dié toepassing kry leerlinge toegang tot die Merensky-netwerk, leermateriaal en vele meer.

***
Whatsapp 7-13 Feb 2017
***

Hierdie M-Bulletin is met trots geborg deur

Auto Pedigree - Merensky Banner Advert  Tzaneen  550x180px
***
school-communicator-banner
1px