Hello, Koninkryksfokus vriende!

Koninkryksfokus se Internet-Evangelisasie Projek

4. Hoofdoel van die Projek en hoe ons die Bestaande Blog en Facebook Blaaie daarvoor gebruik

HOOFDOEL VAN DIE PROJEK en ONS PRAKTIESE WERKWYSE:
Dis belangrik om dit weer duidelik uit te spel wat die Hoofdoel van die projek behels en heeltyd daarop te fokus in ons werkwyse:
* Die Hoofdoelwit van ons projek is die uitbreiding van die Koninkryk van God en die verheerliking van Sy Naam. Presies dit is wat ons d.m.v. Internet-Evangelisasie via Sosiale Media wil najaag of bevorder en uitbrei sover dit op hierdie soort platvorm moontlik is.
* ’n Baie belangrike kleiner doelwit waarmee ons dus in ons werkwyse in elke afdeling besig is, is dus sekerlik om die aantal kontakte (kykers of lesers) op die Blog en Blaaie uit te brei deur meer registrasies, meer persone wat dit “join” of “like”.
* Dit gaan dus ’n belangrike maatstaf wees hoedanig die projek slaag, naamlik die aantal persone wat na elke plasing kyk, maar veral hoeveel daarop reageer deur plasings te “like”, daarop kommentaar te lewer (“comments”) en veral om dit verder self te benut. Dit kan gebeur deur dit net met hulle vriende te deel (“share”), die hulpmiddels wat ons plaas, af te laai en hopelik te gebruik en uiteindelik self een van ons projek se Medewerkers te word.
* Die ‘vrug’ op die soort 'saad' wat so gesaai word, sal natuurlik nie altyd so 'sigbaar' of 'meetbaar' wees as wanneer daar direk met mense persoonlik gewerk word nie, maar ons hou vas aan die belofte uit God se Woord nl. dat die saad van die Woord nooit leeg sal terugkeer nie.

Die Projek maak gebruik van ons reeds bestaande Platforms soos hieronder.
4.1. Bestaande Blog van Koninkryksfokus
Die Blog is oor jare geskep en ontwikkel. Klik op die 'Logo' hierbo om daarna te loer of by www.koninkryksfokus.com
4.2. Facebook Blaaie:
Verskeie Facebook-blaaie is reeds tevore vir die doel geskep en oor ’n redelike tyd getoets. Elke blad het reeds 'n gevestigde aantal lede of persone wat op die Blaaie geregistreer het deur daar te "join" of dit te “likes”.
Klik gerus op die Blad-titels hieronder om daar te gaan inloer...
1) FB Blad: Koninkryksnuus (Tans met 1145 likes”); dit fokus hoofsaaklik op die deurgee van inligting, mobilisering en motivering.
2) FB GROEP: Koninkryksfokus (dis ’n praktiese Werksgroep wat gekoppel is aan die FB Blad, tans met 1347 geregistreerde lede) en fokus op projekte.
3) FB Blad: In Conversation about Islam (Tans met 456 “likes”)
4) FB Blad: Boeddhisme – Buddhism (Tans met 13 “likes”)
5) FB Blad: TechnologyWise (Tans met 58 “likes”)
6) FB Blad: UFollo.net (Tans met 8,638 lede). L.W. Laasgenoemde is ’n SAAWE inisiatief waaraan ekself meewerk as “admin” op die FB Blad en as “Caring Friend” wanneer response (navrae) via die Blog ingestuur word.

Chris 2009-FB

Met Dank,
Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus
Kontak ons gerus by...
+27 82 9269364
vischris@koninkryksfokus.com

 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company