Blog logo3
 

Liewe Koninkryksfokus vriend,

Met hierdie verslaggie, wil ek veral aan jou as 'n gereelde ondersteuner van ons KoFie-Pogings - 'n spesiale DANKIE sê, en bietjie vars nuus gee.

1. Persoonlik:

Eerstens, dit gaan steeds baie goed met ons. Ek en my vrou Sterna is albei steeds gesond, maar word ouer (onlangs 73 jaartjies geword) en die vermoë om soos in die verlede rond te beweeg op besige paaie met uitreike en besoeke... dit het verminder (om civid-19 nie eers te noem nie). Ons is bevoorreg dat ons kinders naby ons woon en ons leef veilig in Centurion. Prys die Here!

2. Ons groot oop deur.

Die oop deur van die Internet gee vir ons so 'n groot geleentheid dat ons nie kan voorbly om die evangelie op die manier aan mense wêreldwyd te deel nie. Alhoewel ons meesal fokus op mense van onbereikte lande (Islam en Oosterse godsdienste) bly die mense van Afrika en ons eie Suid Afrika steeds op ons visier.

In the bigger context: Yes, our KoFie-project is about Digital Missions. For those interested, read some news about the International terrain. Click on...
REHASH: The top digital missions stories you missed: How to share your faith digitally

Kofie2

3. Ons KoFie-projek:

Ons bedryf ons Koninkryksfokus bediening oorhoofs vanuit ons FB Basis-blad KoFie-project waar ons meer opsommende inligting gee (https://www.facebook.com/KoFie.project/)
Ons gebruik verder 11 ander FB Blaaie (mens kan dit sien as afsonderlike Webblaaie) waarop ons materiaal deel met 'n Bybelse Evangeliese Koninkryksvisie en mense daarmee bemoedig en daartoe oproep.
Deur advertensies op Facebook te plaas, gemik op spesifieke volk- of taalgroepe, verskyn ons materiaal daagliks op duisende rekenaarskerms van meesal onbekende mense, baie met wie ons algaande verhoudings bou deur te reageer op hulle reaksies of vrae.

4.Admin-medewerkers:

Ons het gelukkig 'n hele aantal persone wat ons hiermee help met die opvolg daarvan. 'n Groot dankie aan hulle. Ons soek egter steeds meer helpers. (kontak ons gerus as jy meer betrokke wil raak)

5.Die gebruik van WhatsApp:

Omdat meeste gesprekke rondom geloofsake nie maklik op die openbare platform werk nie, het ons onlangs begin om 'n Whatsapp kontaknommer op ons blaaie te plaas. Dit het dadelik baie ekstra respons tot gevolg gehad, verseker agv die meer veilige ruimte. Ons kry baie navrae vir gebed asook oor allerlei geloofsake.

6. Die fokusarea van 'n paar van ons blaaie:

1) Muslim-evangelisasie 'n Blad: Conversation with Muslims, tans met meer as 11,000 kontakte.
2) Blad: Know and Understand Islam. Gefokus op diegene wat meer oor Islam wil weet en om hulle toe te rus vir evangelisasie - ons bereik hier byna 4,000 kontakte op ons Blad.
3) Ander Blaaie met spesifieke fokusterreinne is... Afrika kerkleiers, ons Suid Afrikaanse swart Township mense (25% van ons bevolking woon in Townships) met ons Blad Mzansi Good News and Truth.
4) Twee baie nuwe aktuele Blaaie wat dadelik vinnig gegroei het sedert ons begin het daarmee: Positive Politics (890 lede) en Creative Job Creation (334 lede)

Hieronder volg 'n kort opsomming van ons KoFie-projek en afsonderlike Blaaie:

7. Introduction of our Ministry: Kingdom Focus!

We are part of an Evangelical Reformed Christian Group.
With our KoFie-Project as our main ministry we use Social Media like Facebook, WhatsApp, Twitter etc. for God's Kingdom.
Sharing the Gospel, we Mobilize and Motivate people for God's Kingdom principles.
We Focus mainly on people less reached with the Gospel.

Vir 'n goeie oorsig oor al ons Blaaie

Gaan gerus na die volgende Facebook inligtingsblad:
WELCOME TO "LIKE" or "JOIN" ANY OF OUR FACEBOOK PAGES or GROUPS

8. Die vrug op ons werk:

Uiteraard kan ons nie verslag gee oor 'n oes van baie daaglikse bekerings nie; dis nie hoe dinge in die praktyk werk nie. Dat die digitale uitreik-metode egter baie mense op 'n nuwe wyse blootstel aan die evangelie, en dat ons die geleentheid het om met baie 'n dissipelskap-proses te begin - dit is hoogs opwindend en mens beleef hoe jy saam met die Heilige Gees deelneem aan die Groot Opdrag van ons Here Jesus.
Deur dat ons ook met ons kontakte baie inligting deel (as internetskakels om bv. 'n Gratis Bybel in jou eie taal te kan aflaai, of om 'n Byblestudie of dissipelskap of opleidingsprogram op 'n ander webwerf te volg, waarop mense verder gelei word na bronne wat ons nie verder kan kontroleer nie, het ons dus nie noodwendig 'n benul hoeveel en waarheen mense se verdere geestelike pad altyd lei nie. Dit bly geloofswerk wat onder gebed gedoen word (ons is dankbaar vir 'n hele aantal gebedsgroepe wat ons daarin bystaan).

9. 'n Paar Getalle:

Ons het reeds berig van die baie lede op ons Muslim blaaie (tans 11,000 lede of "followers" op "Conversation with Muslims" asook 4,000 op die Blad "Know and Understand Islam") wat ons gereeld op Facebook bereik, het ons nou met ons nuwe WhatsApp bediening ook reeds 277 Mossie kontakte met wie ons gereeld (byna daagliks) via 'n Broadcast groep sowel as individueel gesels.

10. Die Aktuele nood van ons dag.

Met die huidige rassespanning in ons land en die verskriklike plaasmoorde en afbrand van Plase, kon ons nie anders as om die Evangelie van Hoop en Bemoediging ook op ons Blad "Positive Politics" baie wyd te begin deel nie. Ook hier skep ons WhatsApp blad hiervoor (161 kontakte) baie goeie geleentheid om Suid Afrika se seer mense te bemoedig nie. Ek kon veral die groep "Dare to Love" se positiewe uitreike ter ondersteuning van vrede in Senekal, asook op talle ander terreine waar hulle bedien, soos hospitale, polisiekantore en gevangenisse, met lesers deel. (Lees gerus hierdie getuienis daaroor.)

11. 'n Voorbeeld van 'n FB Plasing:

'n Opwindende manier om die evangelie mbv prentjies te deel (Lesson in Pictures)

Die resultate op hierdie advertensie op Facebook (teen slegs R240 Advertensiekoste) was as volg:
* People reached:51,224 (40 cent for 100 people reach)
* Engagement:5423 (more than 10% engagement)
* Comments:68
* Likes:797
* Shares:34
* New Whatsapp responses: more than 20.

12. VERSLAG VAN FONDSE VIR KOFIE:

Ons plaas advertensie op sekere plasings wat meeste belangstellings ontlok. Meesal R100 per Advertensie vir 5 dae, en besluit dan om dit te herhaal as dit goed werk. Ons "saai" ongeveer tussen R2,000 en R4,000 per maand daarop. (Dit is nou heerlik om 'n MWeb-Fibre met onbeperkte Data te gebruik, en dit kos slegs R500 pm). Soos fondse beskikbaar is, ondersteun ons van ons Admin-helpers om met hulle data-koste te help.
Vir enige deelname om in hierdie bediening te belê
Klik op...KOOP 'N BOEK IN ONS BOEKWINKEL / MAAK 'N DONASIE HIER.

Dus, net om te sê: Dankie, dankie vir jou deelname en ondersteuning! Om in hierdie moeilike tye steeds gereeld julle geld-bydrae ook te gee, is seker nie maklik nie.
Veral aan die Boere op ons plase... Ons bid spesifiek meer intens vir julle veiligheid en guns met die reënseisoen op hande.
Mag die Here sy guns en seën op alle gebiede oor jou hou!

Naskrif. As iemand ons nuut op WhatsApp kontak, kry hulle onmiddellik outomaties die volgende respons terug:
Thank you for contacting... WE SHARE GOD'S LOVE.
* If you need prayer, we would love to pray for you on this secure site. Welcome to share your prayer request.
* God really loves you. The proof is that Jesus was willing to die for our sins.
Read John 3:16 God so loved the world that he gave his only Son, so that everyone who believes in him won’t perish but will have eternal life.
Welcome to contact us:
* WhatsApp : +27 67 195 7980
* Email: forgive70X77@gmail.com
Our Aim: We try to share God's love and hope. https://youtu.be/ZsBhvSMQUk4
God bless you.
Chris Visser
Koninkryksfokus en KoFie-projek
(Kontak my gerus by 0829269364 of vischris@gmail.com)

 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company