M-Bulletin-top
 

19 Junie 2017

Plasie o.14’s oppad na Noordvaal

Dhokkie Noordvaal 0

DIE O.14-SPAN. Voor: Palesa Shiluvane, Janke Basson en Emma Dalrymple-Hay. Middel: Annalene Rood, Kita Coppen, Nikita Pohl, Luné Fritz, Victory Mathebula en me. Nadia Claasen (afrigter). Agter: Mariesa Schutte, Rea Makgoba, Megan Jardine, Zuleika Ferns, Dezi Dreyer, Kyla van Zyl en Suné Hermann.

Die naweek van 14 en 15 Junie het vir groot opwinding op die hokkieveld gesorg. In twee uitspeelwedstryde by Curro Heuwelkruin buite Polokwane, het die o.14-dogters deurgedring na die Noordvaalkompetisie wat op 3 tot 5 Augustus in Nelspruit plaasvind.

Die eerste wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer het deurentyd gelykop verloop. Die halftydtelling was 0-0, met ‘n eindtelling van 1-1. Na ‘n 8-sekonde doelskiet was die spanne steeds 2 elk, kop-aan-kop. ‘n “Sudden death” ronde het egter gesorg dat Frikkie Meyer na ‘n taai stryd 3-2 gewen het. Spelers van die wedstryd was Janke Basson, Emma Dalrymple-Hay en Nikita Pohl.

Die volgende dag het die hokkiestokke weer geklap in ‘n wedstryd teen Hoërskool Ben Vorster, waartydens die twee spanne geveg het vir die derdeplek. Teen halftyd het Ben Vorster 1-0 voorgeloop, maar die bordjies is vinnig in die tweede helfte verhang met uitmuntende spel deur die Plasiespan. Hulle stap as oorwinnaars van die veld met ‘n 3-1 telling. Palesa Shiluvane en Dezi Dreyer is uitgesonder as spelers van die wedstryd.

Hoërskool Merensky wens hierdie spogspan sterkte toe vir die Noordvaalstryd.

Dezi Dreyer en Lune Fritz vs BV

Dezi Dreyer en Luné Fritz vs Ben Vorster.

Janke Basson vs FM

Janke Basson vs Frikkie Meyer.

Emma Dalrymple-Hay vs FM

Emma Dalrymple-Hay vs Frikkie Meyer.

Nikita Pohl vs FM

Nikita Pohl vs Frikkie Meyer.

Mariesa Schutte vs FM 2

Mariesa Schutte vs Frikkie Meyer.

Span foto vs BV

Die vreugdevure brand hoog!

***

Hokkiedogters gee alles

o.16 Limpopo uitspele

DIE O.16-SPAN. Voor: Lisa MaGuire, Jamie van der Merwe (kaptein), Zoë Kader, Meghan MacNicol, Micaela Dale en Danielle Pohl. Agter: Ruette Schoeman, Megan Meyer, Jenelle de Jonge, Reinette Jacobs, Liza-Ri Snyman (onderkaptein), me. Elri Verster (afrigter), Mmarena Mamiane, Nina Grové en Nicky Smith.

Hoërskool Merensky se o.16 dogtershokkiespan het weer op 13 Junie tydens ‘n provinsiale uitspeelwedstryd teen Hoërskool Piet Potgieter kragte gemeet.

Die 0-0 telling aan die einde van die toegelate tyd is ‘n bewys dat nie een span bes wou gee nie. ‘n Riller 8-sekonde stryd het tot gevolg gehad dat die Plasies met ‘n 2-3 telling die knie moes buig. Speler van die wedstryd was Mmarena Mamiane.

As in ag geneem word dat hierdie span vroeër vanjaar druipstert 0-7 teen Piet Pot verloor het, is hierdie merkwaardige vertoning ‘n bewys van harde werk en volgehoue groei deur die seisoen.

***

Dubbel Goud vir Canell

Canell ABO

Canell Jackson

Canell Jackson, ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Merensky, het op 17 en 18 Junie aan twee boogskietkampioenskappe deelgeneem.

Op Saterdag, 17 Junie het sy aan die Mpumalanga ABO 3Di-kampioenskap buite Marble Hall deelgeneem. Hier verwerf sy goud, ‘n persoonlike beste telling en spog met ‘n provinsiale kwalifisering.

Op Sondag, 18 Junie het sy aan die Vaaldriehoek Binnenshuise Kampioenskap in Kempton Park deelgeneem, waar sy weer goud inpalm en haar kwalifiserings naelskraap mis.

Hierdie jong skut woeker met haar boogskiettalente en hou die Plasies haar loopbaan met verwagting dop.

Canell Binnenshuis

Canell Jackson

***

Angus conquers the IMPI

IMPI Enduro 2017 1

Angus Dalrymple-Hay

Merensky High School’s fearless Angus Dalrymple-Hay (grade 11) took part in the 4th annual IMPI Hard Enduro off-road bike race from 15 to 17 June. This event was hosted at the Tugela Ferry Raceway in the heart of KZN. With 608 riders, this is the biggest and toughest hard enduro battle in South Africa.

After a grueling 200km over the 3 days, battling rough terrain and mechanical issues on day 2, Angus managed to make up over 100 positions on day 3 to finish 127th in the Silver Class. Tired, but by no means broken, he returned to Tzaneen having conquered the IMPI Hard Enduro.

IMPI Enduro 2017 3

Angus Dalrymple-Hay

IMPI Enduro 2017 2

Angus Dalrymple-Hay

***

Plasie-skrywer bly besig

Mari Weber 1

Mari Weber

Hoërskool Merensky spog weer met Mari Weber, kultuurbestuurder en hoof van die Musiek-, Dans-, Drama- en Kunsskool, wie al vanaf 2006 deel is van die Plasie-kultuurspan.

Behalwe die skryf van verhoogtekste, toesprake en berigte, waag Weber ook haar hand van tyd tot tyd aan meer spesifieke skryfkuns.

In 2011 redigeer sy ‘n publikasie van Marissa Greeff, Bome van plek tot plek – Nasionale Krugerwildtuin en was sy ook verantwoordelik vir die lusmaker op die skutblad. Die tweede uitgawe van hierdie boek is in 2017 deur Briza-publikasies uitgegee.

In 2013 verskyn een van haar monoloë in die Piekfyn Afrikaans handboek vir Graad 8’s.

Die boek, Reisverhale onder redaksie van Marissa Greeff, het vroeër hierdie jaar verskyn. Hierin word twee van Weber se kortverhale gepubliseer: Toneeltoere is nie vir sissies nie en Toe staan ons op die R71.

In haar woorde: “Om te skryf is amper soos leer vir eksamen. Daar’s altyd iets lekkerder of belangriker wat voorkeur kry. Dis werklik ‘n kwessie van sitvlak op die stoel, vingers op die toetsbord en doen dit net! Daarna kom die tydsame “hare uitkam”, oor en oor lees en verander en weer probeer. Of mens ooit tevrede is met jou produk? Wel, dit bly ‘n goeie vraag…”

Plasieland weet dat Weber se kreatiewe vlam nog lank nie uitgeblus is nie en sien uit na toekomstige pennevrug.

***
thrilling-wednesday-ad-2017-web
***
WhatsUp Head

Saterdag, 24 Junie

RUGBY: Limpopo semi-finaal @ Frikkie Meyer, Thabazimbi (o.15-span)

Monday, 26 June

Normal academic school week / normale akademiese skoolweek
14:15 - Agri-practical

***
 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company