1. Vissers: Persoonlike Nuus

Hoe ouer mens word, hoe vinniger gaan die maande en jare verby.
Verder wil dit voorkom of daar baie gebeur, maar min om oor te vertel.
Dus net 'n kort paar feite oor ons dinge...
1) Ons is steeds begenadig en bevoorreg om goeie gesondheid te beleef en met baie liefde om ons, voort te gaan. Ek en vroulief is reeds verby die 45 jaar saam en sy bly my verdra. Dis genade!
2) Hier en daar 'n ouderdomskwaal wat pla... Dankie dat jy vir ons bid... Die ou 5 werwel-gelapte rug hou mooi (lol net met langdurige sit en vêr ry); die oge wil nie meer lekker sien nie (hardnekkige Blefaritus knou hulle en die rekenaarskerm put hulle uit). Die ore raak lui om alles te hoor (dit pas my in die lawaaierige stad) en so gaan ons voort.
3) Ons woon al weer reeds 18 jaar in Centurion na ons verhuising hierheen in 2001. Voel soos 'n leeftyd terug.
4) Ons kinders woon almal naby ons; sesde kleinkind is op pad en die wat groter word gee baie vreugde en opwinding. Marcel is in sy laaste jaar op laerskool; die drie dogters Hanna, Minette en Mieke leer dat dit klap om in te haal (Gr 5 en 3). Klein Sternatjie het pas twee geword, heerlike vriendelike dogtertjie en weet al haar mamma se moempie is ook op pad.
5) Ons bediening gaan steeds voort en ontwikkel in baie opwindende rigtings. Soos hieronder meer uitgespel maak die Here nuwe deure as dit lyk of die oues begin toegaan. Prys Hom daarvoor.

2. Tradisionele Gemeentemobilisering

1) Ons Mobiliseringsbediening: “Vissers saam met Koninkryksfokus” gaan steeds voort. Dit sluit in navorsing, ontwikkeling en voorbereiding van materiaal, preke en ander optredes in gemeentes ens.. Laasgenoemde raak egter minder en ek was aanvanklik teleurgesteld oor die al minder kontakgeleenthede.
2) Soos die geleenthede vir ons tradisionele werkwyse minder geword het oor die jare, het nuwe deure vir ons oopgegaan. Heerlik en opwindend.
3) Ons stel vanaf 2018 nou die Koninkryksfokuskursus GRATIS Aanlyn beskikbaar en alhoewel die aanvanklike reaksie stadig was, doen 13 gemeentes dit tans so (dit word oor 10 weke gedek; Mens kan enige tyd begin en op jou eie tyd vorder; Ons bly per epos in kontak met kursusgangers).
4) Die Internet bied intussen net meer nuwe geleenthede wat vinnig uitkring.

3. Koninkryksfokus – Internet Evangelisasie Projek

Ons Internet-Evangelisasie bediening het die afgelope jaar geweldig gegroei, met onbeperkte moontlikhede vorentoe: ver en wye skares wat oor die lengte en breedte van die aardbol uitkring (Het ek dan nie Jabes se gebid gebid nie... "Verruim ons grondgebied"?)

Wat dit behels:

1) Die Hoofdoel van hierdie projek is die uitbreiding van die Koninkryk van God en die verheerliking van Sy Naam Maksimaal en Wêreldwyd. Dis al wat ons hiermee wil bevorder en uitbrei sover dit op hierdie soort platform moontlik is. (Klik gerus hier vir meer detail-inligting: Information about our Internet Evangelism ministry)
2) Ons werkwyse is hoofsaaklik om met die platforms op Sosiale Media te werk en gefokus toe te spit op bepaalde groeperings van mense of Taalgroepe en besondere belangstellings en godsdienste.
3) Eerstens... Internet-evangelisasie: Ons teikengehoor hier is Onbereiktes van die Evangelie oor die aarbol heen, alle tale en volke en kulture. Die huidige hulpmiddels van Google en Facebook se vertalingsprogramme maak dit moontlik dat mens selfs in Arabies of Oosterse tale kan kommunikeer. Dis nie vreemd om response uit Yemen en Saudi-Arabia of Thailand en die Filippyne te ontvang nie.
4) Tweedens...Mobilisasie van Gelowiges van Suid-Afrika, Afrika en... Ja; Wêreldwyd!

4. Resultate van die soort bediening:

Met een woord: Ongelooflik!
1) Ek deel graag die verslag van Elmer Grobler, 'n kollega wat reeds lank op soortgelyke wyse werk. Hy noem hulle projek: Projek KuberWêreld. Lees gerus sy verslag vir 2017 hier
2) Ons eie pogings hierin is nog in sy babaskoene, maar ons kon die afgelope paar maande, met beperkte dollars (Advertensie op FB word in dollars gedoen) reeds uitstekende resultate sien en kontakte opbou. (Kyk gerus self op die verskillende Blaaie by die "Community" afdeling; die totale aantal "followers" op ons 6 Blaaie staan tans op... 3747 persone.
Prys die Here, Hy het met hulle elkeen 'n Plan en 'n Doel.
3) Een voorbeeld van 'n Advertensie op die Blad: Conversation with Muslims (Lees dit hier)

Gebed is steeds Uiters Noodsaaklik:

Ek hoef niks daaroor te sê nie. Kom, word deel van 'n GROEP wat spesifiek Voorbidding doen dat die regte materiaal by die regte kyker gaan uitkom... TOEVALLIG? "Toe val die LIG van God daarop!"

5. Verslag van ons Finansies en Begroting vir 2018

Sonder om te veel detail te verskaf, lewer ek hierna Opsommende inligting (om 'n Detailbegroting te verlang, kontak my gerus by vischris@telkomsa.net)

5.1. TOTALE: VISSERS LEWENSONDERHOUD - Bedrae p.m.
Inkomste | Uitgawes (Tekort) R 19,087.73 | -R 24,782.06 (-R 5,694.33)

5.2. BEGROTING: KONINKRYKSFOKUS-BEDIENING
* Voortgaande Sendingprojekte (Ondersteuning van SES gevestigde Sendelinge wat ons graag wil volhou so ver moontlik (Doen gerus navraag vir meer detail indien jy meer belangstel asb.). BEDRAG: - R 2000.00
* Internet-Bedieningskostes (Hang af van fondse beskikbaar vir die Plasing van Advertensies (hier soos begroot @ $20 of R270 pm.) : - R 5,482.00

5.3. GESAMENTLIKE BEGROTING (Vissers plus Internet bediening) p.m.

▪ Totale Inkomste : +R 25,129.73
▪ Totale Uitgawes: -R 32,264.06
▪ Totale Maandelikse Tekort : -R 7,134.33
Totale Inkomste : +R 25,129.73
Totale Uitgawes: -R 32,264.06
Totale Maandelikse Tekort : -R 7,134.33

5.4. OPSOMMEND:
1) DANKIE: VIR ALMAL WAT GEREELDE DONASIES VIR ONS WERK GEE... DAARSONDER.... ONMOONTLIK!
* Huidige donasies ontvang: +R 6,042.00
(L.W. Ek stuur 'n afsonderlike meer uitgebreide verslaggie aan ons gereelde donateurs)
2) WELKOM OM OOK AS 'N VENNOOT (MEDEWERKER) HIERAAN DEEL TE NEEM. (Hoe? Lees gerus meer inligting daaroor in ons Inligtingstuk hierbo... Veral GEBED!
3) AS JY GELEI VOEL OM SELF FINANSIEEL TE HELP MET DIE VOORTSETTING EN UITBREIDING VAN HIERDIE BEDIENING... klik hier om 'n donasie te maak.

Sjoe, dit was 'n mondvol. Dankie vir jou geduld!

Chris 2009-FB

Met Dank,
Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus
Kontak ons gerus by...
+27 82 9269364
vischris@koninkryksfokus.com

 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company