M-Bulletin-top
 

7 Augustus 2017

Plasie-rugby op koers

Merensky o.15 rugby

DIE O.15-SPAN Voor: Neil Delport, Duan Gubitz, Chandler Demos, Danie Potgieter, Wicus Swart en Andru Miller. Middel: De Marco Meyer, Dawie van Heerden, Pieter Engelbrecht, Jerome Stander, Jabus Erasmus, Khabelo Mabotja en JeCe Swart (afrigter). Agter: Jason Janse van Rensburg, Jan Naudé, Tiaan Tönsing, Duan Rossouw, Ebertes Schnettler, Vian Diedericks, Gerhardus Fourie, Ruan van der Schyff, Thato Phalane, Zander Steyn en Thomas Joubert (afrigter).

Hoërskool Merensky se rugbykorps is duidelik en seker op koers.

Die o.15-seuns het die afgelope naweek in die Verseker Beeld Trofee kampioenskappe te Potchefstroom teen Potchefstroom Gimnasium kragte gemeet in die uitspeelbeen van hierdie gewilde kompetisie.

Die vyftiental het aan verwagtinge voldoen en trots, met ‘n 31-21 oorwinning, van die veld gestap. Danie Potgieter spog met 3 drieë, terwyl WB Grobler en Kabelo Mabotje ook elke ‘n drie bygedra het. Andru Miller het 3 doelskoppe deur die pale gejaag.

Die volgende naelbytstryd vind op Saterdag, 12 Augustus in Witrivier plaas wanneer dié wenspan teen Hoërskool Rob Ferreira in die kwartfinaal uitdraf.

Hierdie oplewing kan onder andere toegeskryf word aan die onvermoeide ywer en voortdurende vaardigheidsontwikkeling van die Plasie-rugby afrigters.

Afrigters Clinton Gerber, Johannes Seerane, Pieter van der Merwe, Frik Dohse en Jece Swart het reeds in Januarie met die Wêreld Rugby Vlak 2 kursus begin. Na die inisiële afrigtingskursus moes elkeen ‘n seisoen se wedstryde analiseer en oefeninge beplan om sodoende foute en tekortkominge in die spel om te keer. ‘n Portfolio van 6 wedstryde en oefeninge is in ‘n finale assessering voorgehou, waarna ‘n praktiese oefensessie aangebied moes word wat ook beoordeel is. Plasieland kondig met trots aan dat al vyf hierdie manne hul opleiding suksesvol voltooi het.

Nog 3 afrigters het ook hul Wêreld Rugby Vlak 1 afrigterkwalifikasie se teorie- en praktiese afdelings suksesvol voltooi. Geluk aan mnre. Arno Last, Richard Coleman en Corrie Large.

Op die sewesfront is dit eweneens woelig met 3 afrigters wat hul 7’s Wêreld Rugby Vlak 1-kwalifikasie ontvang het op 28 Julie te Loftus. Mnre. Clinton Gerber, Johannes Seerane en Frik Dohse het ook hier hul merk gemaak.

***

Plasies skiet nasionaal

 Kegelskiet 2

‘N GEDUGTE SPAN: Juanet Venter, Jahdin en Alwiné Fleischmann.

Drie Plasies het van 4 tot 6 Augustus aan die Limpopo Kegelskietkampioenskappe in Polokwane deelgeneem. Juanet Venter (graad 10), Alwiné Fleischmann (graad 9) en Jahdin Fleischmann (graad 8) het tydens hierdie geleentheid weer hul vaardigheid skerpgemaak en gekwalifiseer vir die nasionale kampioenskappe wat op 22-24 September in Johannesburg plaasvind.

Juanet verwerf die tweedeplek in die “Subway Snubby” damesafdeling en 3 derdeplekke in die “Rimfire Handgun”, “Rimfire Rifle Self-loading” en “Manual Shotgun” damesafdelings. Alhoewel sy as junior (o.18) deelgeneem het, is die prestasies toegeken in die algehele damesafdeling, wat alle ouderdomme insluit.

Kort op haar hakke is Alwiné met ‘n algehele derdeplek in dieselfde afdeling. Sy verwerf ook 2 derdeplekke in die “Stock Revolver” en “Pin Gun” damesafdelings.

Jahdin kraai koning met ‘n eersteplek in die o.18 juniorafdeling. Hy verwerf ook 3 eersteplekke in die “Stock Revolver”, “Pin Revolver” en “Pin Gun” junior-afdelings. Verder behaal hy ook 2 tweedeplekke in die “Stock Gun” en “9-Pin Tipp-over” afdelings.

Kegelskiet 1

Alwiné Fleischmann klits die kegels.

Kegelskiet 3

Juanet Venter herlaai vir nog ‘n ronde.

***

Goud by Tour de Plaas

Tour de Plaas 1

Voor: Armand Cronjé, Annalene Rood, Amelia Middleton, Matthew Taylor en Shaun de Beer. Agter: Bevan Muller, Sheldon Muller, Sancha van Niekerk en Kyle Janse van Rensburg.

Plasieland het op Saterdag, 29 Julie, behoorlik gegons toe ‘n massa fietsryers aangemeld het vir die Tour de Plaas Bergfietswedren.

308 Deelnemers het hierdie geleentheid benut om nader kennis te maak met die natuurskoon en uitdagings van hierdie unieke roete.

Plasieryers het die speke laat sing en ‘n paar podiumplekke behaal. Armand Cronje en Amelia Middleton het trotse 1e-plekke behaal. Armand maak ook sy merk deur die vinnigste ronde in die kompetisie te voltooi.

Sancha van Niekerk en Sheldon Muller was 2e, terwyl Annalene Rood ‘n 3e-plek beklee. Plasietrappers Bevan Muller (8e), Shaun de Beer (10e), Kyle Janse van Rensburg (12e) en Matthew Taylor (18e) het ook die kompetisie suksesvol voltooi.

Hoërskool Merensky beklee ‘n 3e-plek, 18 punte agter die wenskool, Stanford Lake College.

Tour de Plaas 4

EERSTE- EN TWEEDEPLEK: Amelia Middleton en Sancha van Niekerk.

Tour de Plaas 2

EERSTEPLEK: Armand Cronjé.

Tour de Plaas 3

TWEEDEPLEK: Sheldon Muller.

***

Goud vir Anri en René

LIMA landloop 1

Voor: Jamie Coppen en Tayla Vos. Agter: Anri McLean, Johan Haynes, René Wiese, Janco Coetzee, Francois Nothnagel, Ikne Stucki en Armand Cronjé. Afwesig: Jodi Spaumer en Micaela Dale.

LIMA landloop 3

Micaela Dale.

Op Saterdag, 5 Augustus, het nege van Hoërskool Merensky se landlopers deelgeneem aan die LIMA Kampioenskappe te Hoërskool Hans Strijdom in Mookgopong.

Die Plasies het 2 goue medaljes huis toe gebring: René Wiese (o.15) en Anri McLean (o.17) het in hul onderskeie afdelings vir hul teenstaanders hakskene gewys.

Micaela Dale (4de), Janco Coetzee (5de) en Armand Cronje (6de) het hul ook goed van hul taak gekwyt.

***

Beste vir Plasie-boogskuts

Boogskiet

Voor: Benno Kotze en Lin-Mari Theron. Agter: Rohan Wewege, Sean Hunt en Canell Jackson.

Ses skuts van die Merensky Boogskietklub het op 5 en 6 Augustus deelgeneem aan die De Voetpadkloof Veldkampioenskap naby Loskopdam in Mpumalanga.

Canell Jackson skiet 2 nasionale kwalifiseerders, terwyl Lin-Mari Theron 2 provinsiale kwalifiseerders behaal het.

3 Goue medaljes is ingepalm deur Sean Hunt (YAMFU), Lin-Mari Theron (YAFBU) en Canell Jackson (JFBU). Rohan Wewege (JMBU) verwerf ‘n silwer medalje en Benno Kotze (JMBU) brons.

Lin-Mari, Canell, Rohan en Benno spog met persoonlike beste tellings in hulle onderskeie afdelings.

***

Plasie-hokkie by Noordvaal

Merensky o.14 dogtershokkie

Voor: Janke Basson. Middel: Suné Hermann, Luné Fritz, Dezi Dreyer, Reabetswe Makgoba, Kita Coppen en Annalene Rood. Agter: Megan Jardine, Emma Dalrymple-Hay, Nikita Pohl, Nadia Claasen en Anri Burger (afrigters), Kyla van Zyl, Mariesa Schutte, Palesa Shilovane en Victory Mathebula.

Op 2 Augustus het ‘n opgewonde o.14 Plasie-hokkiespan na Nelspruit vertrek om aan die Noordvaal-toernooi deel te neem. Tussen 2 en 5 Augustus speel hul 6 wedstryde teen Oosterlig, Vaaldriehoek, Schoonspruit, Brits, Maragon en Volksrus, waarvan hul 3 gewen het. Merensky se speler van die toernooi is Janke Basson (doelwagter).

Hoërskool Merensky eindig vierde uit sestien skole – die enigste Limpopo-span om dit tot daar te maak. Hierdie prestige geleentheid is aangebied deur Curro Nelspruit.

Noordvaal o14 2

Emma Dalrymple-Hay

Noordvaal o14 1

Luné Fritz

***

Nuwe Plasie-koshuisprefekte ingehuldig

Koshuisprefekinhuldiging 3

Hoofseun, Jehan Goosen ontvang sy balkie by sy moeder.

Koshuisprefekinhuldiging 1

Hoofmeisie, Simoné van den Bergh ontvang haar balkie by haar moeder.

Hoërskool Merensky se koshuis bars uit sy nate. Nagenoeg 400 leerlinge vind hier ‘n tuiste weg van die huis.

Dit is vanselfsprekend dat die koshuisleiers leerlinge met ondervinding en empatie moet wees. Daarom het hierdie dinamiese groep op Woensdag, 1 Augustus intensiewe opleiding ontvang, waarna ‘n formele inhuldigingsplegtigheid plaasgevind het.

Die leisels word vasgehou deur Jehan Goosen (hoofseun) en Simoné van den Bergh (hoofmeisie).

John D Ball, Jeandré Booysen, Alex de Klerk, Dennis du Plessis, Delux Jooste, Austin Malepe, Jason Mellett, Xohongani Ngobeni, Martin Theunissen, Ryno van Burik, Hendro van Helsdingen en Donovan van Tonder verteenwoordig die seunskoshuis.

Shea Adendorf, Jade Barnatt, Christelle Brummer, Chanel Dohse, Michelle Fivaz, Liné Fourie, Donné Oosthuizen, Ciné Venter, Micke Venter en Jordin Young lei die meisies.

***

Plasies vier weg“hol”oorwinning

Kaskar2017 4

Die Plasie-wenspan.

Vreugdevure het hoog gebrand op Plasieland nadat die Merensky-span op Saterdag, 5 Augustus die jaarlikse NG Kerk Letsitele kaskarwedren gewen het. Hierdie kompetisie vind reeds die afgelope 18 jaar plaas, en was dit die 10de maal dat Hoërskool Merensky die trofee trots omhoog kon hou.

Juigende ondersteuners se blou bloed het geborrel toe gedetermineerde bestuurders en fikse “enjins” hul opposisie stof in die oë geskop het. Hoërskool Frans du Toit 1 was in die tweedeplek, terwyl Hoërskool Ben Vorster die derdeplek ingeneem het.

Hoërskool Merensky se twintigtal dogters en sestien seuns het elkeen alles gegee vir hierdie sukses.

Kaskar2017 2

Pieter van der Merwe vat die draai, terwyl Jehan Goosen en JJ Davis alles gee.

Kaskar2017 3

Bianca Prinsloo sit voet in die hoek met die hulp van Jamie Robertson en Crystal Kirstein.

***

Plasies draf Tritech kaf

 Tritech Tzaneen Ronde 2

DIE EINSTEINS Voor: Jaco van Staden, Joné du Toit, Jo-Leigh Pretorius, Lin-Mari Theron, Suandrie Corbett, Crystal Kirstein, Jamie Robertson, Bianca Prinsloo, Katelyn Kurten, Retief Fourie en Hardus van Staden. Agter: Jenelle de Jonge, Zainab Modan, Juanet Venter, Megan Cloete, Anize Basson, Anya Glazer, Anri McLean, Ciné Venter, Michaela Stanley, Kesia Pohl en Ikne Stucki. Afwesig: Luann Botha, Jan-Carel van Niekerk, Gerhard Rautenbach, Juan-Jacques Moller, Aailyah Bahm, John-Robert Honiball, Ulrich Koster, Gideon Engelbrecht, Rirhandzu Mathye , Lethabo Malatji, Jason Mellett, Lisa MaGuire, Jade Barnatt en Aldrich Hugo.

Die negende Tzaneen Tritech streeksronde is Vrydag, 28 Julie by Hoërskool Ben Vorster aangebied.

86 Projekte is deur verskeie skole in die omgewing aangebied, waarvan 25 aan Hoërskool Merensky-leerlinge behoort het.

Die 36 Plasies stap weg met 15 goue-, 7 silwer- en 3 brons toekennings.

Die top Merensky-projek is voorgelê deur Lisa MaGuire en Liza-Ri Snyman (graad 10). Hul tuisgemaakte ekovriendelike sjampoe is suksesvol wetenskaplik getoets en het die beoordelaars beïndruk.

Anri McLean (graad 11) het goeie navorsing gedoen oor die beworteling van angeliere. Haar nuut getoetse metode kan boere in die toekoms baie help om hierdie blomplante aan die groei te kry.

Al die Merensky-leerlinge kwalifiseer om aan die Nasionale Tritech Ronde op 15 en 16 September op Plasieland deel te neem.

Tritech Tzaneen Ronde 5

Anri McLean ontvang goud in die Agri-Wetenskappe afdeling.

Tritech Tzaneen Ronde 3

Kesia Pohl ontvang goud in die Agri-Wetenskappe afdeling.

Tritech Tzaneen Ronde 1

Lin-Mari Theron en Anize Basson ontvang goud in die afdeling Omgewing- en Sosiale Wetenskappe.

***

Amelia maak amok

Amelia Middleton

Amelia Middleton

Soos gebruiklik, het Hoërskool Merensky hierdie jaar aan die Afrikaanse Senior Olimpiade, aangebied deur die ATKV, deelgeneem.

Tien graad 12-leerlinge het in die Eerste Addisionele Taal-afdeling deelgeneem. Sewe van die deelnemers het bo 70% behaal. Velariia Avdysh en Chelsea Schlebusch spog met 80%.

Die veelsydige Amelia Middleton, voorloper op die akademiese-, sport- en leierfront, se 83,9% maak haar die toppresteerder in Limpopo. Geen geringe prestasie nie.

In die Huistaal-afdeling neem ‘n sestal graad 10 tot 12 leerlinge deel.

***

Plasies toon spelvernuf

Spelathon

Janco Blignaut, Anize Basson, Mienke Lombard en Manica van Schalkwyk.

Op Dinsdag 1 Augustus het 4 leerlinge van Hoërskool Merensky aan die jaarlikse ATKV Spelathon kompetisie deelgeneem.

Dit was die derde jaar, sedert hierdie kompetisie geloods is, dat Plasie-spellers hul vernuf teen graad 9 en 10 deelnemers van ander skole in Limpopo kon meet.

Mienke Lombard wys haar staal met ‘n eersteplek in die graad 9-afdeling, terwyl Manica van Schalkwyk die tweedeplek inneem. By die graad 10’s spel Anize Basson ‘n tweedeplek los, en Janco Blignaut eindig vierde.

Mienke, Manica en Anize sal in September aan die finale ronde in Johannesburg deelneem.

***

Plasies pronk by Pop-Ups

Pop-Ups2017 16

Casper Jordaan, Lize Crafford en aanbieder, Bianca Elbrecht.

Hoërskool Merensky se jaarlikse talentaand het op Donderdag, 3 Augustus, weer asems weggeslaan. 19 Items het in 6 kategorieë meegeding om te bepaal wie 2017 se top kultuurtiere is.

Die twee graad 11 aanbieders, Monique Zhanda en Bianca Elbrecht, het geskitter met kwinkslae en die program vlot laat verloop.

Cara-Mia Baker het met haar weergawe van “Mama” die gehoor verstom en welverdiend weggestap met die prys vir die beste solo-vokale kunstenaar.

In die drama-afdeling het Valeriia Avdysh en Riëtte Warmenhoven vermaak uit die boonste rakke verskaf en ook hier die prys verower.

Janco Blignaut, graad 10, se vlytige vingers het die Steinway behoorlik laat les opsê en in die instrumentale afdeling met sterk kompetisie koning gekraai. Die instrumentale-duet is gewen deur die 2 “cowboys”, Jaco van Staden en Tian Viljoen op hulle kitare.

Meester danser, John Slabber, vir oulaas op die Plasie-verhoog, het sy vuurdanskuns ten toon gestel en die eerste prys gewen.

Lize Crafford en Casper Jordaan het vokaal- en dramakragte saamgesnoer ten einde die gehoor op hul voete te bring met hul duo-aanbieding oor die wel en weë van ‘n matrikulant. Nie alleen wen hul dié afdeling nie, maar word ook aangewys as die gehoorgunsteling.

Ongelukkig moet Plasieland nou weer 365 dae wag om 2018 se skouspel te beleef.

Pop-Ups2017 2

John Slabber

Pop-Ups2017 4

Cara-Mia Baker

Pop-Ups2017 12

Janco Blignaut

Pop-Ups2017 6

Tian Viljoen en Jaco van Staden

Pop-Ups2017 5

Riëtte Warmenhoven en Valeriia Avdysh

***

Van Toeka tot Nou

Ons is besig om 'n lys saam te stel van alle Beheerliggaam Voorsitters wat oor die jare by Hoërskool Merensky gedien het.

Bestudeer asseblief die volgende lys en kontak mev. Fransie le Roux by fleroux@hsmerensky.co.za met bevestigings of byvoegings:

BL-Voorsitters
***
***
Andre-Lodges-Ad-Web
***
 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company