14 Oktober 2016 Nasionale perdrykampioenskappe Vyf leerlinge van Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie vir die Limpopo hoërskolespan deelgene

         
m-bulletin-banner-top

14 Oktober 2016

Nasionale perdrykampioenskappe

Dawie van Jaarsveld

Dawie van Jaarsveld op Robyn.

Vyf leerlinge van Hoërskool Merensky het die afgelope vakansie vir die Limpopo hoërskolespan deelgeneem aan die nasionale perdrykampioenskappe in die Western Mounted Games dissipline.

Genevieve van der Merwe en Anri Janse van Rensburg het albei opgeskuif na vlak 4 in die ope-afdeling.

Wandri Janse van Rensburg het op vlak twee een eerste, twee tweede en ‘n vyfde plek verower. Hennerien Knox het ook op tweede vlak twee eerste plekke, ‘n vierde- en vyfde plek ingepalm.

Dawie van Jaarsveld en sy perd, Robyn het geskitter en het algeheel vyfde geeindig, met ‘n eersteplek, ‘n tweede plek, vier vierde plekke en ‘n vyfde plek.
Die Limpopo hoërskolespan het algeheel vierde geeindig tydens die kompetisie.

***

Plasie perderuiter het lang asem

Willie Oosthuizen

Willie Oosthuizen

Willie Oosthuizen, ‘n Graad 8 perderuiter van Hoërskool Merensky, het in September aan ‘n perde uithourit oor 80km op Munnik deelgeneem. Hy en sy perd, Kaptein het behoorlik hul staal getoon toe Willie eerste in die junior kategorie (Graad 8-12) gekom het. Wat hul prestasie nog meer besonder maak is dat Kaptein ook na afloop van die kompetisie aangewys is as “the best of the best”, wat beteken dat sy kondisie in al die kategorieë die beste was.

Willie ry al vandat hy 3 jaar oud is en is ‘n man wat perde ken. Hy het op 11 en 12 Oktober deelgeneem aan die strawwe Waterberg-uithourit. Terugvoer oor hierdie uitmergelende 80km sal binnekort verskaf word.

***

Agri-Merensky laat bokke blêr

Jeugskou-01

Diané Dent skou met ‘n vleisbok.

Tydens 2 tot 5 Oktober het sewe leerlinge van Agri-Merensky Limpopo verteenwoordig op nasionale vlak tydens die Nasionale Jeugskou in Morgenzon.

Die leerders het saam met meer as 500 ander deelnemers, van regoor Suid-Afrika, in die vleisbeeste en vleisbokke-afdelings gekompeteer.
Nicole Muller behaal ‘n vierde plek vir skoumanskap en is algeheel sesde. Iszabella Le Roux is algeheel agtste in die junior vleisbees-afdeling.

Aricia Brooks behaal ‘n vierde plek vir skoumanskap en word vyfde algeheel geplaas. Laryn Prins behaal ‘n agtste plek, en Timothy Venter ‘n twaalfde plek in die senior vleisbees- kategorie.

Onder die vleisbokke het Diané Dent ‘n tiende plek behaal in die senior-afdeling en William Coleman ‘n vyftiende plek in die junior afdeling.

***

Plasies conquer 48km

Presidents-award-silver

Juan-Jacques Moller, Gideon Engelbrecht, Wian de Klerk, Hugo Badenhorst, Anri McLean, Cameron Buys, Jenelle de Jongh, Jade Barnatt and Jordin Young.

Nine determined Plasie hikers knew that the weekend of 30 September to 2 October would prove to be a challenge. The set hike of 48km to qualify for a Silver Presidents Award was met with an attitude of “game on”. Armed with loaded backpacks and walking sticks they kicked off from the Broederstroom hut as part of the Magoebaskloof hiking trail.

By the end of day one spirits were high, despite aching muscles, and the de Hoek hut proved a welcome sight.

Day two was the most anticipated of all. A treacherous climb over hill and dale towards the hut at Woodbush proved that hiking in Magoebaskloof was all but a walk in the park.
Homeward bound, the last 4km lead down an open road. A severe rain and hail storm revived the spirits of the tired hikers. Muddy but happy, everyone glowed with achievement.

To quote Jade Barnatt, a grade 10 hiker: “I can say with confidence that physical strength only got us halfway... it was mental strength that got us to the finish line after 48 kilometres.”

***

Plasies korrel fyn

Alwine Fleischmann

Alwiné Fleischmann

Alwiné Fleischmann en De Marco Meyer, albei graad 8-leerlinge van Hoërskool Merensky het gedurende die afgelope vakansie presteer in verskillende skiet-dissiplines.

Alwiné het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kegelskietkampioenskap. Sy behaal twee derde plekke in die junior ouderdomsgroep.

De Marco Meyer

De Marco Meyer

De Marco Meyer het op sy beurt deelgeneem aan die nasionale skietkompetisie in Welkom in die Vrystaat. Alhoewel De Marco hierdie jaar o.14 is, moes hy o.18 deelneem, aangesien daar nie o.14- tot o.17-afdelings is nie.

Hy was verlede jaar, as o.13-skut, die kampioen. Hierdie jaar het hy in drie afdelings deelgeneem: .22 randslag, PCP luggeweer en “benchrest”. Hy het die PCP luggeweer-afdeling gewen en word algeheel tweede geplaas op die o.18 nasionale ranglys.

***

Jackson-susters skiet 'n kolskoot

Johannesburge Indoor

Beneche en Canell Jackson.

Beneche en Canell Jackson het op 29 September 2016 aan die Johannesburgse
Binnenshuise Boogskiet Kampioenskappe deelgeneem in Kempton Park.

Albei wen hulle onderskeie afdelings. Beneche skiet ook ‘n persoonlike beste en
provinsiaal kwalifiserende telling.

***

Danzi sings her heart out

Danzi Ivy

Danzi Ivy

Danzi Ivy, a grade 9 learner from Merensky High School, recently participated in the final round of the South African Talent Championships (SATCH) in Johannesburg.

She proved that she has a very good voice, with receiving one Bronze and three Silver medals in her age group. Her best accomplishment was her acapella solo Jealous by Labrinth.

***

Plasies presteer by Afrikaans Ekspo

FAK-ekspo

Jamie Robertson, Lerese du Preez, Renate Botha, Suandrie Corbett, Charlize Meyer, Rinus Jacobs, Rohan du Plessis en Tiaan Viljoen. Afwesig: Jessica Botha en Bianca Spies.

Hoërskool Merensky se leerders het hulle by die FAK Afrikaans Skole-Ekspo 2016 goed van hul taak gekwyt en lewer ook ‘n nasionale wenner op. Daar is ingeskryf in die kategorieë: koerantberig en opstel. Die temagerigte kategorieë vir 2016 was 100 jaar van films.

Charlize Meyer (graad 8) is aangewys as die nasionale wenners in die kategorie: koerantberig. Die koerantberigte se opdrag was om ‘n resensie oor ‘n Afrikaanse film van die afgelope 100 jaar te skryf. Charlize Meyer het met haar wenresensie vir “Vir Altyd” 88% behaal.

Die volgende graad 8-Plasies behaal goud in dié afdeling: Charlize Meyer, Rinus Jacobs, Rohan du Plessis, Jamie Robbertson, Jessica Botha, Suandrie Corbett en Tiaan Viljoen. Lerese du Preez en Renate Botha het in dié kategorie silwer toekennings behaal.
In die kategorie: Opstel, behaal Bianca Spies (graad 12) twee silwer toekennings.

***

Plasies presteer by Nasionale Spelathon

ATKV Spelathon

Anri McLean en Anize Basson.

Anize Basson, Graad 9, en Anri McLean, Graad 10, het Saterdag 8 Oktober aan die nasionale rondte van die Spelathonkompetisie by Leeuwenhof Akademie in Gauteng deelgeneem.

Hulle het eers in die gesiene-woord-afdeling (woorde wat deelnemers vooraf kon leer) deelgeneem, en daarna na die ongesiene-woord-afdeling oorgegaan. Die kompetisie was deurentyd baie stresvol.

Anize het in die graad 9-afdeling saam met 19 leerders landwyd deelgeneem. Sy het ‘n algehele sesde plek verower.

Anri het in die graad 10-afdeling saam met 18 leerders dit uitgespook en verower ‘n agtste plek in haar graad.

Merensky is baie trots op hierdie twee Plasies wat wys dat hulle ‘n hond uit ‘n bos kan spel.

***
MHS Kalender 14 - 22 Okt 2016
***

Hierdie M-Bulletin is trots geborg deur:

Auto Pedigree - Merensky Banner Advert  Tzaneen  550x180px
***
school-communicator-banner
1px