Hello, Koninkryksfokus vriende!

Koninkryksfokus – Nuwe Projekte en Begroting vir 2017-2018 - BLADSY 6

8. ONDERSTEUNING VAN SENDELINGE/SENDINGPROJEKTE
Ons was tot hier toe op ’n beperkte skaal betrokke by ’n paar sendingprojekte en die ondersteuning van ’n aantal sendelinge as deel van ons eie Sending-steunprogram. Ons kan dit ongelukkig nie meer uit ons eie verminderde steunbasis voortsit nie, maar sou graag wou sien dat dit voortgaan.
Ons nooi dus belangstellendes uit om die ondersteuning van een of meer hiervan oor te neem/verder voort te sit. (L.W. Ons sal reël dat persone wat belangstel, sulke fondse dan verder direk in die betrokke sendeling se bankrekening inbetaal i.p.v. om dit via ons rekening te doen).
1) Himalaya netwerk. Die projekte word bedryf om die evangelie te bedien aan die onbereikte mensegroepe in Tibet. (Klik hier vir meer inligting) -[R 500 pm]
2) SAAWE: Bongani Cele Fonds: Hulp vir ’n baie belowende jong swart sendeling om by SAAWE te werk, maar onvoldoende ondersteuning het. (Klik hier vir meer inligting) -[R 500 pm]
3) Ander Sendelinge: Sien onder op die begrotingslys vir meer detail of kontak my persoonlik vir meer inligting. R400 vir elke Sendeling - [R400 pm]
Totaal vir 5 Sendelinge - [R2000 pm]

Vennote om ons Sendelinge verder te Ondersteun:
As jy eenmalig, of maandeliks 'n sekere bedrag hiervoor wil belê, gaan na... Maak 'n Donasie hier

INLIGTING VAN DIE BEGROTING VERVOLG OP BLADSY 7

Chris 2009-FB

Met Dank,
Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus
Kontak ons gerus by...
+27 82 9269364
vischris@koninkryksfokus.com

 
 
Powered by Mad Mimi®A GoDaddy® company